Die Hugenote-museum op Franschhoek het dié nuwe tegnologie ingespan en is een van die eerste museums in Suid-Afrika wat ’n virtuele toer aanbied.
Michelle Milnes, ’n Suid-Afrikaanse entrepreneur wat agt jaar gelede haar bekroonde maatskappy Property Studios in Skotland gestig het, was aan die spits van die projek.
Een van Property Studios se kenmerke is om realistiese virtuele toere van eiendomme wat te koop is, aan te bied.