Dis parkeweek! Spaar ’n paar rand en besoek ons nasionale parke dié week gratis! Kyk na ons lys hier onder: Die parke met ’n sterretjie bied gratis toegang tot Sondag 22 November. Dié daarsonder bied toegang tot Vrydag 20 November. 

’n Kwotastelsel sal geld by die volgende nasionale parke: Augrabies-, Bontebok-, Kruger-, en Tafelberg- nasionale park. Kry die besonderhede van die kwotastelsel hiér

Hier’s die volledige lys parke wat gratis toegang bied:

Addo-olifant-nasionale park
Addo-olifant-nasionale park

• Addo-olifant- nasionale park

• Augrabies-waterval- nasionale park

• Bontebok- nasionale park*

• Tuinroete- nasionale park

• Karoo- nasionale park

• Kgalagadi-oorgrenspark

• Krugerwildtuin

• Mapungubwe- nasionale park*

• Marakele- nasionale park*

• Mokala- nasionale park

• Bergkwagga- nasionale park*

• Tafelberg- nasionale park* (Let wel: Dit sluit nie die Boulders-pikkewynkolonie in nie.)

• Tankwa-Karoo- nasionale park*

• Weskus- nasionale park*

• Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark

• Agulhas- nasionale park*

• Kamdeboo- nasionale park*

• Golden Gate-Hoogland- nasionale park*

*Dié parke bied gratis toegang tot 22 November.

Die Namakwa- nasionale park bied nie gratis toegang nie. Gratis toegang sluit nie gratis verblyf of aktiwiteite in nie.