book-icon Uitgawe November 2018
Deel

Boeke en musiek

akkreditasie

deur Emile Badenhorst (self uitgegee)  

“Die beste storievertellers het geweet dat stories soos die wind was...” Dít lees jy vroeg in Emile Badenhorst se boek, en hierna waai die sinne jou voort, al op die spoor van die klein jagter van die Kogmanskloof, //Kabbo.

Die nare Groot Grysmuishond en sy broer, Groot Bobbejaan, neem //Kabbo gevange en hou hom aan in ’n grot. Ná ’n nag vol drome word //Kabbo wakker in die grot, waar die lug ruik “soos soet gras”. Hy ontsnap, en ontmoet vir Suster Ystervark in die voetpad – sy gee vir hom ’n sak gevul met al die winde, behalwe een, die westewind. Hy mag nie die sak oopknoop nie, maar later die dag woel sy jakkalshond die sak oop, en die winde ontvlug en kry vatplek in die Kogmanskloof. Só begin //Kabbo se epiese tog terug na sy mense toe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan