Soos jy by die oop deur staan, strek die dakgedeelte tot bo jou met die vloeroppervlak nog ’n entjie verder voor jou. Dit beteken jy klim ook makliker in en uit.
Die Extreme het ’n vlekvryestaal-onderstel, onafhanklike vering en twee skokbrekers aan elke kant. Die panele bestaan hoofsaaklik uit ’n sintetiese materiaal en die kaste binne is van aluminium. Die konfigurasie is aanpasbaar en kan volgens ’n koper se behoefte ingerig word. Die koningingrootte bed is aan die neuskant ingebou. Die buitestort slaan regs by die neus uit en die noodwiel sluit ’n wielnaaf met sy wiellaer in.
Met die opwipdak afgeslaan pas die Extreme in ’n standaardmotorhuis.