Deel

Breek rég weg – met die Beeld-Vakansieskou

akkreditasie
As jy nuuskierig is oor die nuutste woonwa-, sleepwa- en ryhuistegnologie, is die Beeld-Vakansieskou van 23 tot 25 Februarie by Gallagher Estate in Midrand die plek om te wees.

Die Beeld-Vakansieskou is bekend as die skou met van die grootste binneshuise-tentoonstellings en vergelyk goed met monster woonwaskoue in Duitsland en Engeland. Baie nuwe Suid-Afrikaanse produkte word hier bekend gestel. Boonop kan jy hier kom bladskud met die ouens van Weg en Weg Ry & Sleep.

As jy vanjaar ’n epiese vakansie wil aanpak, sal jy al die nodige inligting hier kry! 

Waar? Gallagher Estate in Midrand

Wanneer? 23-25 Februarie

Ure: Vrydag van 09:00 tot 18:00; Saterdag 08:00 tot 17:00; Sondag 08:00 tot 16:00.

Toegang: R120 per volwassene by die hek (R100 as jy aanlyn bespreek). 

Studente en pensioentrekkers betaal R60. Kinders jonger as 7 kan gratis inkom. Veilige parkering is teen R20 beskikbaar. Klik hier en bespreek. 

Vir navrae: Hampie de Kock (skoudirekteur) 083 4 888 986 

Of besoek: www.beeldskou.co.za