Dit voel asof die wêreld deesdae kulkuns doen en niemand verstaan waar die haas of duif heen verdwyn nie.
Ek probeer sin maak van die situasie al is ek is nie die wakkerste akker op die dorp nie.
Ek verslaap baie en byt op 29-jarige ouderdom steeds my naels, maar ek ken darem genoeg om te weet: Dinge is holderstebolder.