Die Brink Towing Systems-aanleg in Pietermaritzburg gebruik reeds rekenaargedrewe sweismasjiene, maar het hulle vermoë nou verbeter met ’n dubbelrekenaargedrewe sweismasjien.
Hoe werk dit? Die Motoman MA-boogsweismasjien is ’n Yaskawa-produk en kan op ses aslyne sweis, wat die produksietyd met 30% verbeter. Die sweismasjien kos R2,7 miljoen en, sê die besturende direkteur, Mark Gutridge, sover hy weet, is dit die enigste van sy soort in die land met dié spesifieke konfigurasie.
Dié aanleg het ’n vermoë van by die 100 000 stange per jaar en is by 90% van die plaaslike motorhandelsname goedgekeur.