
Die nuwe WSD-F21HR bevat ’n hartmonitor wat jou help om ’n oog op jou fisieke toestand te hou, maar die horlosie het ook ander eienskappe wat jou onbekende plekke help navigeer.
Die aktiwiteits-app maak nou spesiaal voorsiening vir drawwers en veldlopers, en kan besonderhede soos jou afstand in reële tyd aandui. Die gebruiker het heeltemal beheer oor watter inligting hy of sy deurgaans op die horlosie wil sien. Omdat vier skerms opgestel kan word, kan die gebruiker maklik wissel tussen die skerms om die nodige inligting in die hande te kry.
Die nuwe WSD-F21HR gebruik dienste van Google App, soos ViewRanger (vir bergklimmers), Bikemap vir fietsryers, en Strava vir drawwers.
Hier is ’n paar nuttige eienskappe
• Dis die eerste Pro Trek-slimhorlosie wat ’n hartmonitor insluit.
• Die nuwe model is met ’n optiese sensor toegerus wat die polsslag deur middel van ’n LED-lig op die pols meet. Wanneer die horlosie bewus raak van beweging, skakel die slimhorlosie outomaties na die hartspoedskerm. Die hartspoed word aangetoon as een van vyf hartspoedsones.
• Nuwe aktiwiteite op die app: Draf- en veldloopspyskaarte
• Die data wat op die skerm vertoon word, word deur die verbruiker ingestel. Een van die moontlike skerms wat vertoon kan word, is die huidige ligging. Dit sal stappers en drawwers gemoedsrus gee as hulle nuwe paaie aanpak.
Omdat die WSD-F21HR GPS-data kan intrek, kan jy dieselfde roetes stap, draf of met jou fiets verken as jou vriende. Jou data word outomaties op Google Drive vasgelê, en jou vorige aktiwteite kan op Google Calendar besigtig word.
Soos ander Casio’s, is die Pro Trek-reeks rateltaai en kan die horlosies hul man staan teen in die natuur. Dit is waterdig tot op 50 meter en voldoen aan die gehaltevereistes van die Amerikaanse Weermag.