Deel

Die 2020 Namibië-reisgids is hier!

akkreditasie
Foto: Evan Naude
Foto: Evan Naude
Verlang jy na Namibië? Jy het mos nou ’n bietjie tyd op hande – beplan solank jou Namibië vakansie met dié propvol gids!

Ons splinternuwe 2020 Namibië-reisgids is hier. Kyk hiér na ’n video van hoogtepunte wat ons buurland bied.

In dié jaar se gids: Ons gesels met Emsie, ’n hiëna-navorser, wat al 18 jaar in die woestyn woon en werk. Ons ontmoet ook die mense van die kunsdorp Omaruru en kuier langs drie riviere, die Kavango, Kwando en Zambesi. Evan Naude ry met ’n gewone sedan tot in die Skedelkus- nasionale park én kamp by ses goeie-waarde-vir-geld-plekke net buite die Etosha- nasionale park. Terwyl Pierre Steyn al Swakopmund se beste restaurante en snuffelplekke besoek. 

In dié gids maak ons jou reis nóg makliker. Dit bevat drie dubbelbladkaarte, wat elk ’n road trip aandui, met al die hoogtepunte van die streek.

Die gids is tans beskikbaar op die winkelrakke (ja, jy mag nou tydskrifte koop!), en binnekort op zinio.com en magzter.com teen R100.  

Namibiƫ
Die 2020 Namibië-reisgids is hier