
Die artikel is deur die Dors-span verskaf.
Kom proe hier bier!
Waar? R326, Wes-Kaap
Kontakbesonderhede: 028 341 0013
Die eienaars van Birkenhead-brouery buite Stanford beskryf hulself as local, innoverend en uiteenlopend. Hierdie landgoed was die eerste van sy soort wat bier en wyn in Suid-Afrika begin produseer het. Hulle produkte sluit in wyn, bier en siders, wat alles hier in die skadu van die Klein-Rivierberge gemaak word. Jy kan hier kom bier en wyn proe.
Iets om te eet?
Graze Café
Waar? Queen Victoriastraat 21, Stanford, Wes-Kaap
Kontakbesonderhede - info@grazecafe.co.za/ 0762431930/ www.grazecafe.co.za
Dié eetplekkie is knap en gesellig. Baie van Graze se vars produkte word op hulle eie werf gekweek. Geregte word in die kombuis voorberei en hier is vele opsies vir die smulpape en fynproewers. Probeer gerus die plaasbrood en botter. Dié keetplek afee is ideaal vir die hele gesin.
Coffee corner
Waar? Mortonstraat 2, Stanford
Kontakbesonderhede – 0283410034 / stanfordcoffeecorner.co.za
Coffee corner is bekend vir hulle uitmuntende ontbyt-opsies. Baie inwoners en besoekers sê hulle verkoop van die beste koffie op Stanford! Die restaurant het ’n intieme, plattelandse atmosfeer. Verkyk jou aan die omgewing terwyl jy ’n stomende koppie koffie buite op die terras geniet.
La Trattoria
Waar? 23 Queen Victoriastraat, Standford
Kontakbesonderhede – 081 805 7470
Is jy lus vir ’n stukkie van Italië? Kom maak ’n draai by La Trattoria vir tuisgemaakte pasta en pizza! Dié Italiaanse hemel spog met ’n lowergroen buite-area. Kom geniet ’n outentieke Italiaanse gastronomiese ervaring!
Ander uitstappies naby Stanford
Phillipskop-bergroete (R326, Stanford)
Dit maak nie saak of jy die hele naweek lank wil wegbreek of slegs ’n vinnig wandelroete wil aandurf nie – Phillipskop ’n paradys vir dié wat nader aan die natuur wil kom. Hier is verskeie chalet-opsies wat oor naweke bespreek kan word. Die reservaat het verskeie botaniese wandelroetes.
Gaan kyk by www.phillipskop.co.za vir nog inligting oor verblyf en geriewe.
Klein River Cheese (R326, Klein River, Stanford)
By dié kaasfabriek kan ’n mens jou eie pieknieksessies bespreek en die omgewing saam met jou geliefdes geniet terwyl julle aan die plaaslike produkte van ’n goeie gehalte smul – probeer een van die 11 soorte kase wat hulle maak!
Nog inligting: kleinrivercheese.co.za
Panthea Africa Big Cat Sanctuary (Plaas 933, Deel 2, Standford)
Die hele gesin sal van hierdie plek hou. Verskeie wilde kat-spesies wat in Suid-Afrika voorkom, is bedreig. Hier word dié spesies beskerm en die publiek bewus gemaak van die werk wat sulke instellings doen. Gaan leer meer oor ons wilde katte.
Besoek gerus pantheraafrica.co.za vir nog inligting.
Kom les jou dors met Dors, nuwe episodes op Vrydae om 20:00 met heruitsendings op Saterdae om 17:00 op VIA, (DStv-kanaal 147.)