Deel

Die Dors-boetiekbiertoer: Pollie, ons gaan Paarl toe

akkreditasie
Op VIA (DStv-kanaal 147) se nuwe program Dors, gaan Johan Badenhorst van Voetspore-faam, die skrywer Johan Bakkes en die biermaker Ampie Kruger op ’n reis deur SA om die land se beste boetiekbiere (oftewel “craft beers”) te proe. Só kan jy jou eie bierproe-avontuur in die Paarl te beplan!
Hierdie artikel is deur die Dors-span verskaf


Proe hier bier

Waar? Westhoven 35, Groenvlei, Paarl

Kontakbesonderhede: 082 787 5719 / glen@bergrivierbrewery.co.za 

Die eienaars van die Bergrivier-brouery glo die fondament van hulle sukses bestaan uit bloed, sweet en bier.

Glen en Shaun is al meer as 30 jaar lank vriende en het met die bier-connoisseur Jörg Finkeldy kragte saamgespan om die beste boetiekbier ter wêreld te begin brou. Die landgoed het sy eie taproom waar gaste bier kan proe en koop. 

Ietsie om aan te knibbel?

Noop

Waar? Hoofstraat 127, Paarl

Kontakbesonderhede: 021 863 3925

Kom sit aan vir een van die smaaklike geregte op die spyskaart – kies tussen onder meer sampioenrisotto, Thaise rooikerrie en eend. 

The Goatshed

Waar? Fairview-wynlandgoed, Suid-Agter-Paarpad, Suider-Paarl, Paarl

Kontakbesonderhede: 021 863 3609

Die Goatshed is Fairview se spog-restaurant. Hulle is bekend vir kaasborde wat self deur elke gas saamgestel kan word. Die kinders sal dit geniet om van Fairview se bokke buite te sien rondloop.

Ander uitstappies in die Paarl 

Die Alpaca Loom

Waar? Suid-Agter-Paarlpad, Suider-Paarl

Kontakbesonderhede: 084 793 3666

Al ooit van alpakka-wol gehoor? Dié koddige dier lewer ’n wolsoort wat verskriklik duursaam is en ’n syerige tekstuur het. Die wol is gepas vir mense wat allergiese reaksies op sekere soorte materiaal kry.

Gaan maak gerus ’n draai by die Alpaca Loom, besoek hulle wolwinkel en groet die alpakkas wat die wol lewer. Hier is ook kamele en donkies op dié werf te vinde – ’n ideale uitstappie vir die hele gesin!