
Cat®-selfone is spesiaal gebou om die moeilikste omstandighede te deurstaan. Jy hoef nooit weer bekommerd te wees dat jou foon gaan breek nie!
Baie sogenaamde “taai” toestelle lýk bloot so – ’n egte taai selfoon moet egter ’n reeks ontwerp- en konstruksietoetse ondergaan om die vervaardiger se bewerings te staaf.
Die US Military Standard (MIL STD) 810 is ingestel om ’n reeks toestelle te verskaf wat simuleer hoe materiale omgewingsfaktore deurstaan. Daar is 8 MIL STD 810-toetse wat gebruik word om vas te stel hoe taai ’n selfoon is. Een hiervan is die “val”-toets. Die meeste handelsmerke valideer hulle toestelle op ’n afstand van 0,8 m-1m. Baie min handelsmerke toets tot 1,2 m.
Cat®-selfone is 30 keer op verskeie oppervlakke laat val van ’n indrukwekkende 1,8 m af. Cat®-selfone kan spog met die feit dat dit 9 MIL STD 810-toetse geslaag het, saam met 52 ander betroubaarheidstoetse insluitend buigbaarheid, temperatuur-, water- en stofbestandheid.
Dis hoekom Cat® die markleier is wat taai selfoontegnologie betref. Elke Cat®-selfoon wat uit die fabriek kom, het die omvattendste tweejaarwaarborg van enige slimfoon in Suid-Afrika, wat alle gebreke en selfs ongelukke dek.
Die vlagskip S61 se resolusie vir termiese beelde is verhoog en kan temperature van tot 400°C lees. Dit het ook ’n ingeboude sensor wat jou waarsku teen hoë vlakke van besoedeling, en dit meet humiditeitsvlakke. Daarby is dit die eerste slimfoon met ’n geïntegreerde laserafstandsmeter.
Die S61 kan boonop ’n val van tot 1,8 m op ’n harde oppervlak oorleef, is waterdig tot op 3 m vir tot 60 minute (ook in soutwater), en kan sy man teen stof staan.
Vir nog voorbeelde van waarvoor Cat®-CAT-fone gebruik word, besoek catphones.co.za en volg hulle op hulle sosialemediaplatforms.
As jy moeg is vir pieperige selfone en hitte-afdrukke moet kan sien, kontak jou selfoonverskaffer en vra om ’n Cat®-foon op kontrak te kry.
#CatPhones #CatRuggedPhones #BeUnstoppable #CatS61 #CatS41 #CatS31