Die baasbrein was Roger Bushell, ’n 24-jarige vegvlieënier en ’n Suid-Afrikaner van geboorte. Dit was die Tweede Wêreldoorlog en meer as 200 geallieerdes het besluit om uit die Duitse krygsgevangekamp Stalag Luft III te ontsnap.

Hulle het drie yslike tonnels gegrawe wat hulle Tom, Dick en Harry genoem het, en het gehoop dat een van die drie tot hulle vryheid sou lei. Uiteindelik het 76 ontsnap danksy Harry, maar slegs drie van die soldate is nie weer aangekeer nie.

In 2020 voel baie van ons dalk soos Roger Bushell. Ons is nie toegesluit nie, maar was lank ingeperk. En namate die inperking verslap word, het baie van ons lus om te ontsnap. Ons kan amper sê dit is die grootste ontsnapping nóg in Suid-Afrika.  

Sluit aan by die beweging en kies koers na die avontuurhoofstad van die Tuinroete, Mosselbaai. Noudat die somer hier is, is Mosselbaai gereed om plaaslike en internasionale besoekers te verwelkom.

Mosselbaai en die omgewing bied alles. Die dorp is bekend vir sy watersport soos branderry, skubaduik, haaihokduik, diepseehengel en snelbootry. Die Diaz-waterpark is ’n groot gunsteling onder kinders. 

Vir diegene wat meer gemaklik op droë grond is, is daar ook heelwat om te doen: sandbordry, bergfietsry, quadfietse, veldloop- en staproetes. Jy kan selfs hier lugduik, valskermspring, perdry en op helikopterritte gaan!

Tussen die gholfbane, wildreservate, wynplase, topstrande, restaurante, kampeerplekke en topverblyf, is hier beslis iets vir elkeen op Mosselbaai.

Gaan na www.visitmosselbay.co.za om jou reis te beplan. Die webruimte het al die inligting wat jy nodig het.

KOMPETISIE

Jy kan ’n fantastiese vakansie ter waarde van R100 000 wen (dit sluit in vlugte, motorhuur, maaltye, uitstappies en hope gesinspret). 

Skryf in vir die kompetisie

Ontsnap na Mosselbaai word aangebied deur Mosselbaai-toerisme en ondersteun deur sy lede.  

Die pakket kan aangepas word vir ’n gesin van vier of ’n groep van vier vriende.

Daar is twee maniere om in te skryf! Beantwoord 'n maklike vraag, OF kyk uit vir die logo vir “The Great Escape to Mossel Bay” en neem ’n foto daarvan. Dié logo is sigbaar op advertensieborde langs die R21 in Gauteng, in Garsfontein, naby Caledon, of net buite Mosselbaai, asook op vragmotors wat reg oor Suid-Afrika reis en op ons voertuie met die handelsmerk. 

Vul dié vorm in om in skryf!

Beantwoord die vraag of laai jou foto. 

Kry nog detail by www.visitmosselbay.co.za/competition/.

Lees die volledige bepalings en voorwaardes hiér.