book-icon Uitgawe Oktober 2019
Deel

Die Inkunzi verloor gewig

akkreditasie
Enkulu-boswoonwa
Enkulu-boswoonwa

Volgens die bestuurder, Jurie Swart, het hy op ’n nuwe sintetiese materiaal besluit wat aansienlik ligter is. Abbawaens soos dié kan rondom 750 kg weeg as dit ten volle toegerus is, en dit beperk ’n mens natuurlik as jy die dravermoë van die bakkie waarop dit gemonteer word in ag neem.

Die nuwe eenhede se uitleg bly soortgelyk aan die aluminium-modelle. Die nuwerwetse sintetiese stof word uit Duitsland ingevoer waarna dit plaaslik voorberei word. Jurie wil nie hardop sê wat die spesifieke produk is nie, maar dis dieselfde materiaal wat ingenieurs gebruik in die lemme van windturbines. Dit word in gietvorms gereed gekry en die uiteinde is ’n supersterk struktuur wat amper die helfte van die aluminium-model weeg.

Die nuwe eenheid weeg dus omtrent dieselfde as die bakkie se bak wat hulle verwyder om die abbawa te monteer. Vergeleke met ander modelle het dit dus byna geen invloed op die bakkie se dravermoë nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan