Deel

Dié Merrell-stapstewels kry volpunte vir die winter

akkreditasie
GEBORG: As jy op soek is na ’n stapstewel wat lig aan jou voete is, maar taai genoeg is vir die veld, is die Merrell Erie Mid-stewel die perfekte keuse vir jou. Weg het dit op ’n staptog oor drie dae in die Robertson-omgewing gaan uittoets.

As jy ernstig is oor stap, belê in ’n goeie paar stapstewels wat spesifiek ontwerp is met die oog op die uitdagende terrein wat jy in die veld kan teëkom.

Dit moet waterdig wees, klippe uit jou skoen hou, jou enkels beskerm, en die sool moet jou stewige vastrap op die op- en afdraandes gee.

Merrell se nuwe Erie-stewels kom uit hul Performance-reeks en tik al die boksies. Weg het dit op ’n driedagstaptog in die Robertson-omgewing getoets en afstande van onderskeidelik 17 km, 15 km en 12 km op ’n verskeidenheid terreine daarmee geloop.

Merrell se nuwe Erie-stapstewels kry al die regmer

Hier is die belangrikste kenmerke waarvan jy moet weet:
  • Dit is veerlig. Regtig. Baie mense wil nie met stapstewels loop nie omdat leerstewels iewers die reputasie gekry het dat hulle swaar is. Hierdie stewels is beduidend ligter as Merrell se mededingers en voel nie veel anders as tekkies aan jou voete nie.
  • Die aggressiewe patroon op die sool gee jou goeie vastrap op die kwaai op- en afdraandes. Dis ’n belangrike eienskap vir my, want ek het my al in die verlede beseer as ek op afdraandes gly. Die stewel is ook hoog genoeg om jou enkels te beskerm.
  • Die Erie is waterdig. Dit het nie op hierdie staptog gereën nie, maar ek het dit deur water en modder geneem en geen probleme gehad nie. Trouens, modder het ook nie die seemsleer-bostukke bevlek nie. Sodra die stewels droog is, is dit weer skoon.
  • Die toonboks voor is breed genoeg sodat jou tone beweegplek het en nie beknop is wanneer jy afdraand loop nie. Ek het geen toonblase gekry nie.
  • Die skoen se kraag en tong het geen skaafplekke veroorsaak nie.
  • Die middelsool bevat skuimrubber wat jou voet se vorm aanneem en is super-gemaklik.
  • Die stewels verg die minimum “inlooptyd”. Ek het dit vir minder as 50 km gedra voordat ek dit op die staptog geneem het, en het geen probleme daarmee gehad nie. Dit voel soos stewels waarmee jy al honderde kilometers afgelê het.
  • Die voorkoms is lekker retro. Baie stappers verkies hierdie bruin leervoorkoms vir hul stapstewels, maar dis ook in swart beskikbaar.

Bestel dit hier.