Deel

Die móét-hê publikasie vir Suid-Afrikaanse entrepreneurs

akkreditasie
GEBORG: Maandelikse inligting oor bemarking, finansies, leierskap, tegnologie en regsaspekte.

Eindelik is daar ’n Afrikaanse entrepreneurstydskrif beskikbaar!

Stigter is ’n onafhanklike Afrikaanse e-tydskrif wat in 2020 geloods is en reeds een van Suid-Afrika se vinnigste groeiende e-tydskrifte is.

Stigter is begin vir entrepreneurs, leiers en elkeen wat eienaarskap wil neem van hulle eie toekoms,” sê Dr. Liza-Mari Oberholzer, redakteur van Stigter.

’n Nuwe uitgawe van Stigter is elke maand beskikbaar en fokus veral op bemarking, finansies, leierskap, tegnologie en regsaspekte.

“Dit is stories van plaaslike entrepreneurs wat ons weer hoop gee; ons het nodig om te lees hoe ander entrepreneurs en bestuurders kop bo water hou in onstuimige waters,” sê Liza-Mari.

Bekende eksklusiewe onderhoude soos met King Price se Gideon Galloway, die Mergon Groep se Francois van Niekerk en Luno se Afrika-hoof, Marius Reitz, het omtrent opspraak gemaak.

Of dit die geheime agter Ferarri SA se bemarking is, Safari Outdoor se wenresep om die buitelewe mark te oordonder, of wenke oor ontwerp van die top-argitek in Suid-Afrika, help Stigter sakemanne en entrepreneurs om beter besluite te neem.

“Suksesvolle entrepreneurs het veral een ding in gemeen, en dit is dat hulle gereeld lees om hulleself op elke vlak moontlik te ontwikkel. Stigter is ’n belegging wat jy in jou toekoms maak,” sê Liza-Mari.

Wat kry jy as jy nou op Stigter inteken?

Behalwe vir ’n 28-34-bladsy e-tydskrif elke maand, ontvang jy R5877 se waarde as jy nou inteken, deur die volgende voordele:

  • ’n GRATIS besigheidregistrasie (ter waarde van R890, betaal slegs R175 CIPC-fooi) met komplimente van Company Partners
  • ’n Gratis BEE-sertifikaat met komplimente van Company Partners
  • Spaar 10% op rekenmeesterfooie by CRS Group
  • Kry 50% afslag op ’n bemarkingspakket van Company Partners (logo, webontwikkeling en Facebook-blad)
  • Drie maande se gratis huisvesting ("hosting") van jou webtuiste deur Kwikstert
  • Gratis digitale bemarking en SEO-oudit van jou webtuiste deur Kwikstert
  • Kry elke maand ’n gratis aflaaibare PDF-templaat wat jou help met jou besigheid (kontrak-, finansies- en bemarkingstemplate)

Klik hier om ’n gratis uitgawe te ontvang voor jy besluit om in te teken. PLUS: As jy nou inteken, ontvang jy die eerste ses uitgawes GRATIS.