Deel

Die sardyne is op pad na die KZN Suidkus – is jy gereed?

akkreditasie
Foto’s: Lloyd Edwards/Raggy Charters
Foto’s: Lloyd Edwards/Raggy Charters
Geborg: Het jy al die sardynloop aan die KZN Suidkus beleef? As jy dié wintervakansie iets onvergeetliks wil doen, ry in die rigting van Port Edward al die pad tot by Scottburgh.

KZN South Coast Tourism het vir jou afslag op verblyf beding. Lees hier wat die sardynloop alles behels. 

Afrika het ’n paar reuse-natuurgebeurtenisse wat jy moet beleef: Daar is die wildebeesmigrasie in Zambië en die Serengeti, en die paar weke per jaar wat die pas uitgebroeide leerrug- en karetskilpaaie hul weg oor die strand na die see by St. Lucia probeer vind... Die sardynloop aan die KZN-Suidkus is nóg so ’n jaarlikse gebeurtenis wat jy minstens een keer in jou lewe moet aanskou. En as jy dit eers gesien het, sal jy elke jaar wil terugkom. 

Die sardyne loop

Die KZN-Suidkus vier elke winterskoolvakansie die koms van die sardyne, maar die vierings bereik elke jaar ’n hoogtepunt wanneer die klein, silwer vissies by die kus aankom. Wat dit natuurlik moeilik maak om dit te voorspel, want sardyne steur hulle nie aan skedules en dagboeke nie, en het nie mediawoordvoerders om die publiek op hoogte te hou nie.

As jy gelukkig is, sal jy bloot op ’n dag die walvisse deur jou verkyker dophou of op die rotse staan en hengel, en dan skielik sien hoe die ski-bote uitgaan en met nette vol sardyne terugkom.

Die locals en besoekers weet nou al dat jy jou oë op die skibote hou om te sien na watter een van die strande (daar is net 39 van hulle) jy jou moet haas om die sardynloop te aanskou. Ander hou weer die sosiale media dop om hulle op hoogte te hou. 

Foto: John Lamberti

Die beste bron is egter die pelagiese roofdiere, wat nie kan wag om aan te sit vir hul jaarlikse feesmaal nie. Hierdie gemeenskap van die Kaapse malgas, haaie, dolfyne, walvisse, makriel en tuna het nie Twitter en Facebook nodig om boodskappe te versprei nie! Hulle weet sommer om in hul hordes op te daag.

Die haaie se feesmaal.

Die sardynloop kan enige tyd tussen Mei en Augustus plaasvind, maar die Toerismekantoor het hierdie week laat weet dat alles daarop dui dat die sardynloop vanjaar vroeër kan wees. Trouens, hulle is teen Woensdag al in die waters rondom PE opgemerk, en kan enige dag nou die kus van KZN bereik. Jy sal moet wikkel!

Sleep jou kinders weg van die Xbox- en die selfoonskerm en laat hulle iets ervaar wat werklik onvergeetlik is. Volg die Facebook-groep “Sardine run” om te sien waar die sardyne nou trek.

As jy dalk die sardynloop self misloop, het die streek die hele Junie en Julie programme en feeste waarvoor dit die moeite werd is om Suidkus toe te ry vir 'n lekker vakansie.

Kom ry plank in Umtamvuna

HOOGTEPUNTE

• Die South Coast Lions Show: 29 Junie tot 1 Julie, Port Shepstone Country Club

• Die jaarlikse sardynloop-drie-dag-gholftoernooi: 14 tot 16 Junie, Scottburgh-gholfklub, Selborne Park Golf Estate, Umkomaas-gholfklub

• Melville Sanctuary of Love-musiekfees (’n fees vir akoestiese musiek en folk): 16 Junie, Melville Sanctuary of Love

TO Strand-gholftoer: 24 tot 30 Junie, TO Strand, Port Edward


• SupaDrift (’n motorbyeenkoms: 29 tot 30 Junie, Dezzi South Coast Raceway

• Die rietdans (“Maidens Ceremony”): 30 Junie, KwaNyuswa

• Ugu Jazz & Arts Festival: 30 Junie, Ugu Sport-en-ontspanningsentrum, Gamalakhe

• Margate Mardi Gras: 27 Junie; 4, 11 Julie

• Mercury-skibootfees: 4 tot 7 Julie, Shelly Beach-skibootklub

• Umtamvuna-sardynfees: 6 tot 8 Julie, Mattison Square, Port Edward

• 1ste Jaarlikse Umdoni Classic: 6 tot 8 Julie, Umdoni Park-gholfklub

• Dezzi-uitnodigingsbyeenkoms: 7 tot 8 Julie, Dezzi South Coast Raceway

• Scottburgh Classic Car Show: 8 Julie, Hoërskool Scottburgh

• Nasionale Junior-sportvisbyeenkoms: 16 tot 20 Julie, Shelly Beach-skibootklub

• KZN Drag Racing: 21 Julie, Dezzi South Coast Raceway

• Ramsgate-boek-en-kunsfees: 2 tot 5 Augustus, Ramsgate

• Margate Kennel Club Open Show: Beweeglikheid- en springkompetisie, 24 Junie, 15 Julie – Borough-sportterrein, Port Shepstone

Vir die volledige feesprogram vir die res van die jaar, klik hier.

Sea Spray Cottages
Fairhill
Gracelands
Xanadu
Umtamvuna River Lodge
Stephward Estate
Emerald Cove

LAAI DIE BLYPLEKKE EN DOENDINGE AS 'N PDF-DOKUMENT AF!

BLY HIER TEEN AFSLAG

PALM BEACH CHALETS: R650 per chalet per nag vir minimum twee nagte. Slaap tot 4 mense. Geldig tot 13 Junie. Bespreek by 039 313 7533. Bepalings en voorwaardes geld. www.palmbeachchalets.com.

FAIRHILLS-WOONWAPARK: R2000 per gesin van 4 vir tot 10 nagte, geldig tydens die Junie-Julie-vakansie! Bespreek by 039 314 4023. Bepalings en voorwaardes geld. www.fairhillspark.co.za

EMERALD COVE: Bly 7 nagte, maar betaal net vir 6. Bespreek voor 30 Junie en bly voor 30 Augustus. Noem “Sardine Special” wanneer jy bespreek. 039 315 5284. Bepalings en voorwaardes geld. www.emeraldcove.co.za

XANADU: Bly vier nagte, betaal vir drie by die Xanadu-gastehuis. Bel 079 689 1803. Bepalings en voorwaardes geld. www.xanaduguesthouse.co.za

UMTAMVUNA: Kry R300 afslag per nag vir B&B-verblyf by die Umtamvuna River Lodge. Bespreek by 039 311 3583. Bepalings en voorwaardes geld. www.theriverlodge.co.za

GRACELANDS: Bly 4 nagte, betaal vir 3 by Graceland’s Beach Lodge. Bepalings en voorwaardes geld. gracelandsbeachlodge.co.za

RIVER VALLEY: Bly 4 weeksaande, betaal vir 2; of betaal vir 2 naweeksaande en kry ’n 3de nag gratis. 083 263 5537. www.rivervalleynaturereserve.co.za

SEA-SPRAY: 10% afslag op besprekings van vyf dae of langer by hierdie selfsorghuise in Margate. Gratis WiFi. Bespreek by 083 267 3562. Bepalings en voorwaardes geld. www.sea-spray.co.za

LEKKER DOENDINGE VIR DIE VAKANSIE

BEACH FUN-PROGRAM: Pret op die strand tydens die winterskoolvakansie. Strandsport, kompetisies, kinderaktiwiteite . . . daar is iets vir die hele gesin. Gaan kyk op die kalender.  

VANG VIS: Die sardynloop lok hengelaars van oraloor. Kom neem tussen 4 en 7 Julie deel aan die jaarlikse sportvisvangkompetisie by die Mercury-skiboot-fees, of van 16 tot 20 Julie aan die Junior Nasionale byeenkoms vir sportvisvang. Albei word by Shelly Beach-skibootklub gehou. Bespreek nou om ’n plek te kry.

SARDYNSEISOEN-BYEENKOMSTE: Van MTB-kompetisies, gholftoernooie, musiekfeeste, ’n ski-boot-fees, uitstallings vir klassieke motors, straatrenne, vlooimarkte, pretlope, die KZN-Suidkus het byeenkomste wat in almal se smaak sal pas!

KWANYUSWA: Op 30 Junie kan jy die jaarlikse tradisionele seremonie van maagde by KwaNyuswa beleef. Kontak die organiseerder.

GHOLF: Speel gholf op vyf van die top-bane in die land met hierdie spesiale afslag. tostrand.net/specials/

SOUTH COAST LIONS SHOW. Die jaarlikse South Coast Lions Show, wat vanjaar vir die 34ste keer aangebied word, is ’n groot gesinsfees ten bate van liefdadigheid. Kom geniet die komedie, ’n pretpark, musiekoptredes, adrenaliensport, vlooimark, eet- en drinkgoed, en meer. 

KOMPETISIE: Laai jou lekkerste sardynfoto’s op, “tag” twee vriende met #JumpforSardines en jy kan ’n geskenkbewys van R2 600 van Wild5 Adventures wen. Bepalings en voorwaardes geld. http://bit.ly/2InVuJT

UMTAMVUNA-FEES: Ontdek die Umtamvuna-gebied met hierdie splinternuwe fees! Kos- en handwerkstalletjies, musiekoptredes, ’n MTB- en veldloopbyeenkoms in die natuurreservaat, dansers, kinderaktiwiteite en ’n skattejag, en nog baie meer! Bel 083 503 5056 of e-pos.

SOUTH COAST FEVER MTB-REEKS: Bespreek 4 MTB-byeenkomste, betaal net vir 3 in die Suidkus se MTB-reeks wat jou deur woestyn, strand, woud en bos vat, 8, 21, 29 Julie en 7 Okt. Hierdie jaar kan jy ook veldlope (“trail runs”) doen, so maak ’n plan.  

UGU-JAZZ-FEES: Bekendes wat by vanjaar se gewilde Ugu-Jazz-kunsfees optree sluit in die Maskandi-superster Khuzani. Bespreek nou.  

LEER PLANK RY: Kry R150 afslag op kielplanklesse ("Wakeboarding”/“Wakeskating”) by The Boarder Post, Umtamvuna River Lodge. Bel 039 311 3583. Bepalings en voorwaardes geld. www.theboarderpost.com

STEPHWARD: Kry ’n gratis begeleide toer by Stephward Estate, en 5% afslag in die teetuin tydens sardynseisoen. Bespreek by 039 315 5962. Bepalings en voorwaardes geld. www.stephward.co.za


Foto’s: Lloyd Edwards/Raggy Charters; John Lamberti