book-icon Uitgawe April 2019
Deel

Dié spinnekoppe is tropdiere!

akkreditasie
Foto: Vanessa Nieuwoudt
Foto: Vanessa Nieuwoudt
’n Leser het dié spinnekopnes in die Krugerwildtuin afgeneem. Ons kenner verduidelik.

VANESSA NIEUWOUDT van Pretoria skryf:

Ek het dié foto in die Krugerwildtuin geneem. Watse spinnekoppe bly in sulke groot kolonies?

Die insekkenner CHARLES HADDAD antwoord:

Twee van die Afrika-vasteland se versamelnesspinnekopspesies, Stegodyphus dumicola en mimosarum, kom in die Krugerwildtuin voor. Hulle bou hulle web op die takke van bome en struike of op heinings, met ’n klomp sydrade wat van die nes af uitloop om prooi te vang.

’n Nes kan enkele individue tot honderde spinnekoppe huisves. Hulle werk saam om die nesstruktuur te onderhou en prooi te vang.

Hulle kan ’n oppervlak van ’n paar vierkante meter dek – daar’s immers baie wat kan sy produseer! Die binnekant van so ’n nes het ’n klomp tonneltjies waarin die spinnekoppe rondloop en die wyfies hulle eierpakkies produseer.