Deel

Die Toyota Fortuner 4x4 Challenge – helde in die hitte

akkreditasie
Die Toyota Fortuner 4x4 Challenge
Die Toyota Fortuner 4x4 Challenge
GEBORG: Ná maande se afwagting en voorbereiding het die groot dag op 22 Oktober aangebreek vir die vier deelnemers wat gekies is om aan die 2018 Toyota Fortuner 4x4 Challenge deel te neem.

Die kompetisie se formaat bepaal dat vier lede van die publiek (gekies deur die die vier media-vennote – Media24, Highbury Media, Primedia Broadcasting en Tiso Blackstar) en vier glanspersoonlikhede spanne van twee vorm in ’n reeks uitdagings in en om Knysna.

Dis die derde keer dat die kompetisie aangebied word, en die mededinging was strawwer as ooit. Die take wat die deelnemers moes voltooi, sou hulle fiksheid, uithouvermoë en krag tot die uiterste toets. Garmin, Specialized en Reebok het die toerusting verskaf wat die deelnemers sou nodig hê.

Die hittegolf wat Knysna in daardie stadium ondervind het, het dinge natuurlik nog moeiliker gemaak vir die deelnemers. Deelnemers het Fortuner-sleutels uit ’n sak getrek om die spanne van twee te bepaal.

Die hittegolf wat Knysna in daardie stadium ondervind het, het dinge natuurlik nog moeiliker gemaak...

Die resultaat was dié spanne: Brandon Hulley en Steffi Van Wyk-Brink, Dominque Leclerq en Giniel De Villiers, Danie Barnard en Mapule Ndhlovu en Jackie Moore en Ox Nché.

Die Toyota Fortuner 4x4 Challenge

In die eerste uitdaging het die spanne in kano’s vanaf die Oostelike Kop oor die Knysna-strandmeer geroei tot by Leisure-eiland, waar hulle toe ’n raaisel met buitebande moes oplos. Later die aand het hulle in die tweede uitdaging ’n 4,8 km-roete by die Pezula Hotel gehardloop en koers gehou met behulp van hulle Garmin Fenix 5 Plus-horlosies.

Die tweede dag was die grote met vyf uitdagings op die program in die versengende hitte. Dinge het vroegoggend afgeskop met deelnemers wat ’n Fortuner met ’n tou moes trek, en dit op soveel houtplanke as moontlik moes parkeer. Dit het nie net pure spierkrag vereis nie, maar ook breinkrag om uit te werk waar die motor moes opeindig.

Die Toyota Fortuner 4x4 Challenge

Toe het die kompetisie in Rheenendal se rigting beweeg waar deelnemers by Archer’s Edge met hoogs gevorderde boë pyle na drie teikens moes skiet. Alles het onder die wakende oog van die Knysna Outdoor Archery Circuit plaasgevind.

In die vyfde uitdaging, die Specialized Epic-tydtoets, het die deelnemers behoorlik bloed gesweet. Hulle moes die Phantom-pas in die kortste tyd moontlik uitklim op hul Specialized-fietse. Die hitte en die helling het sy tol geëis en die deelnemers was poegaai teen die einde.

Hulle het middagete gebruik om te herstel; en skielik was daar net twee uitdagings oor – die Warrior-hindernisbaan en die Bergfiets-elimineerder. Dit was in dié stadium nog onmoontlik om te bepaal wie sou wen. Alles sou afhang van die laaste twee uitdagings. In die Warrior-been moes die deelnemers boonop hulle Garmin-horlosies gebruik om toerusting te vind waarmee hulle ’n platform kon bou om ’n watergat oor te steek.

Die Toyota Fortuner 4x4 Challenge

In die laaste uitdaging is die spanne in twee verdeel: Die deelnemers moes binne 15 minute soveel moontlik rondtes van ’n bergfietsbaan ry, terwyl die glanspersoonlikhede hul Fortuners moes ophys om toue onder twee van die bande te verwyder.

Die superfikse 19-jarige Brandon Hulley, Primedia se deelnemer is uiteindelik as kampioen gekroon. Hy was saam met die atleet Steffi van Wyk-Brink in ’n span. Brandon, wat onlangs eers sy bestuurslisensie ontvang het, het met die sleutels vir ”n splinternuwe Toyota Fortuner 2.4 GD-6 4x4 6AT weggestap.

Die superfikse 19-jarige Brandon Hulley, Primedia se deelnemer is uiteindelik as kampioen gekroon.

Die ander drie deelnemers het nie met leë lande huis toe gegaan nie. Elkeen het ’n Specialized Epic Comp-bergfiets, fietsrytoerusting, ’n Garmin Fenix 5 Plus en klere van Reebok ontvang – altesame is dit R60 000 werd!