Deel

Die ysterperde gaan weer by Margate brul

akkreditasie
Adrenalienverslaafdes sal EnduroX geniet
Adrenalienverslaafdes sal EnduroX geniet
GEBORG: Lus vir ’n adrenalien-naweek met motorfiets-waaghalstoertjies, ekstreme sportsoorte en lekker kuiergeleenthede?

Kom van 26 tot 28 April na Margate vir Ugu South Coast Tourism se jaarlikse Bike Fest.

Die broers Christo en Cobus sing nou wel oor die “trein na Margate”, maar een keer per jaar kom die land se motorfietsryers by dié juweel aan die KwaZulu-Natalse Suidkus byeen vir die Ugu South Coast Bike Fest (#SCBF19).

Vir ’n hele naweek lank brul en dreun dit oral langs die Margate-strandfront. Vanjaar se Bike Fest, wat groter en beter as ooit gaan wees, word aangebied met die goedkeuring en ondersteuning van die Ray Nkonyeni-munisipaliteit, die Ugu-streek, the Departement Van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en OMgewingsake, en Toerisme KwaZulu-Natal. 

Ugu South Coast Tourism
Dis 'n lekker fees dié.
Ugu South Coast Tourism
Kom vir die naweek.

Dís waarna jy kan uitsien:

• Vermaak by die verhoog op die hoofstrand en die rockverhoog by die Village Pier

• Ses tema-kroeë en verhoë langs Kusweg

• Straatmusikante• Demonstrasieritte

• Stalletjies en ’n ekspo waar jy enige denkbare ding vir motorfietsry kan koop

• Die waaghalsigste motorfietstoertjies

• Kosstalletjies

• Enduro X-vertonings 

• 9 Restaurante en kroeë op die perseel

• Die Mass Ride

Ugu South Coast Tourism
Kom geniet die EnduroX.
Ugu South Coast Tourism
Sien jy kans vir die Extreme Zone.
Ugu South Coast Tourism
Of kom ry langs die kus.

Margate is minder as 700 km van Johannesburg af en die ideale wegbreekbestemming vir motorfiets-entoesiaste. Daar is hope verblyfopsies by die fees. Vra raad by info@southcoastbikefest.co.za

Registreer voor die fees aanlyn by www.southcoastbikefest.co.za en koop ’n 2019-lapelwapen (R35) Sasol-vulstasie in Margate. Dit sal jou toegang gee tot die verhoë by die fees. Jy sal jou motorfietslisensie moet toon. 

Wat kos dit:

 • BBP-driedagpas (dit sluit in toegang tot al die vertonings, die Golden Circle en die VIP Pool Bar): R450

• BBP-eendagpas: R150

• Driedag-voetgangerpas: R200 (kinders 4 tot 12 betaal R100)

• Eendag-voetgangerpas: R80 (kinders 4 tot 12 betaal R40)

• Kinders jonger as vier kry gratis toegang.

• Driedag-pensioenarispas: R180

• Eendag-pensioenarispas: R60   

Bespreek by www.southcoastbikefest.co.za

Ugu South Coast Tourism
Hope stalletjies vir motorfietsryers.

Volg die aksie by Instagram: @scbikefest

Facebook: south coast bike fest

Twitter: @SCBikeFest

Ugu South Coast Tourism
Die motorfietsmuseum.
Ugu South Coast Tourism
Jy sal van die mooiste ysterperde sien.
Ugu South Coast Tourism
Oud en jonk is welkom.
Ugu South Coast Tourism
Kom span uit.