Ek wou nog altyd ’n voël in sy nes sien, veral ’n uil. Op ’n  vakansie in die Krugerwildtuin het ons op die S130 tussen die Krokodilbrug- en Onder-Sabie-ruskamp gery.

Soos gewoonlik het ek elke boom goed deurgekyk. Ons het toevallig by dié boom stilgehou, en terwyl ek in die holte kyk, sien ek iets beweeg. Ek kon my oë nie glo toe ek dié nonnetjieuile gewaar nie.

My kamera het oortyd gewerk! 


Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #166 (Augustus 2018) verskyn.