Anne-Marie Scheepers van Krugersdorp skryf Ek het hierdie krokodilgeveg by die Sunsetdam in die Krugerwildtuin gesien.
Die groot krokodil het die kleiner krokodil in sy kake vasgeklem en sowat elke 10-15 minute kragtig heen en weer geruk.
Sou die groot krokodil die kleiner een eet of het hy hom net probeer verdryf?