book-icon Uitgawe April 2020
Deel

Skoutyd vir woonwabouers! Dis nuut én dis anders

akkreditasie

’n Modulêre kampwa wat jy soos boublokkies inmekaar pas tot jy die wa het wat by jou behoeftes pas – dít is waarmee Albre de Villiers van ADV Trailers in Centurion vorendag gekom het.

Die onderste deel van die wa bestaan saam met die onderstel uit ’n plat vlak wat herinner aan ’n platbak-insleepvoertuig. Hierop pas dan ’n raamwerk waarin tot vier ewe groot houers pas, elk met ’n deur aan die kopkant. Tot twee daktente kan dan bo-op die raamwerk met sy houers pas, en wanneer die daktente toegeslaan is, slaan ’n dakrak hieroor plat.

Die geheim – en slim idee – hieragter lê in die vier houers. Elkeen is langwerpig (1,3 x 0,6 x 0,6 m), en jy kan van een tot vier van hulle in die raamwerk pas. Die houers is leeg en jy kan dit dus toerus met dít wat jou kamplewe gerieflik maak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan