Deel

Dís wanneer jy ons parke gratis kan besoek

akkreditasie
Tafelberg- nasionale park. Foto: Arleen Stone
Tafelberg- nasionale park. Foto: Arleen Stone
Dis amper weer sulke tyd: Parkeweek! Sit solank jou verlof in, dagbesoekers kan tussen 8 en 15 September 2019 ons nasionale parke gratis besoek. En dié jaar sluit dit naweke in!

Toe, gaan sit die Erfenismaand eerder by ’n watergat in die wildtuin as om na jou rekenaarskerm te staar.

Onthou: Parkeweek sluit nie gratis verblyf of aktiwiteite in nie. 

Addo-olifant- nasionale park
Addo-olifant- nasionale park
Krugerwildtuin
Krugerwildtuin. Foto: Leon Botha

Watter parke is ingesluit?

Gratis toegang: 8 - 15 September

  • Augrabies-waterval- nasionale park
  • Agulhas- nasionale park
  • Addo-olifant- nasionale park
  • Bontebok- nasionale park
  • Kamdeboo- nasionale park
  • Tuinroete- nasionale park
  • Golden Gate-Hoogland- nasionale park 
  • Karoo- nasionale park
  • Kgalagadi-oorgrenspark
  • Krugerwildtuin
  • Mapungubwe- nasionale park
  • Marakele- nasionale park
  • Mokala- nasionale park
  • Bergkwagga- nasionale park
  • Tafelberg- nasionale park (Let wel: Dit sluit nie die Boulders-pikkewynkolonie in nie.)
  • Tankwa-Karoo- nasionale park
  • Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark
  • Weskus- nasionale park (*Gratis toegang van 9 tot 13 September 2019)

Nog inligting: www.sanparks.org

Nóg gratis toegang vir Kapenaars

Toegang vir dagbesoekers tot die reservate van Kaapse Natuurbewaring in die Wes-Kaap is ook gratis van 23-29 September.

Dit geld slegs by die hekke (nie aanlynbesprekings nie), en sluit nie gratis verblyf in nie. Nog inligting capenature.co.za