book-icon Uitgawe April 2019
Deel

Dit kook op Kaapsehoop

akkreditasie
Foto: Edeona Parkerson
Foto: Edeona Parkerson

EDEONA PARKERSON, Pretoria, vertel:

Ons het onlangs vakansie gehou in Schoemanskloof in Mpumalanga. Daar stel iemand voor dat ons op pad huis toe ’n draai maak op die dorpie Kaapsehoop. Dis ’n idilliese plekkie! Die dorpie is bekend vir sy wilde perde, blouswaeltjies en grasvelde vol rotsformasies.

Ons het die perde reeds buite die dorpie langs die pad teëgekom. In die dorpie se hoofstraat geniet hulle beslis voorrang. Hulle was min gepla deur mense, totdat ’n merrie hard in ons rigting gerunnik het – sy wou haar vulletjie beskerm. Die rotsvelde lê oral om die dorp en lyk soos iets uit ’n Camelot-feëverhaal. Dié rotsformasies is soos stil wagte wat almal se kom en gaan dophou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan