
Die Bosveld. Die reën-en-modderseisoen in Afrika. Die stof van die Karoo. Die GG B100 is taai genoeg vir die moeilikste omstandighede in Afrika.
Die horlosie gebruik hoë gehalte koolstof in sy struktuur, wat beteken dit sal sy man in die veld kan staan, terwyl die horlosie ook dig geseël is teen ekstreme weer. ’n Filter hou modder en stof uit die horlosie uit. Dis ook skokbestand, danksy die agterste dop van vlekvrye staal wat met ’n ekstra bedekking versterk is.
Die GG B100 het al die eienskappe wat jy van ’n veldhorlosie sal verwag: kompas, hoogte- en temperatuurmeter, sowel as ’n treëteller. Die spesiale G-Shock-app, wat die konfigurasie van die horlosie vereenvoudig, sluit die sogenaamde Mission-funksie in. Die app lê outomaties hoogte- en roetedata vas sodat jou roete-inligting verewig kan word ikn die app. Dit is veral hierdie GPS-funksie van die horlosie wat Weg-lesers sal waardeer.
Lê jou huidge ligging vas op die app met die druk van ’n horlosieknoppie.
Die horlosie is:
• Modder- en stofbestand
• Skok en waterbestand (tot op 200 meter)
• Het ’n Quad-sensor (vir die termometer, kompas, hoogtemeter en treëteller)
• LED-lig op die gesig
Lees meer: