Deel

Duik diep in ’n nuwe avontuur in

akkreditasie
GEBORG: Verbreed jou uitkyk met ’n kursus of ervaring by die Twee Oseane-akwarium.

Leer die vakansie of in 2023 nuwe vaardighede aan in ’n avontuur wat jou lewe sal verander, of gee iemand ’n geskenk wat hulle altyd sal onthou.

Die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad se V&A Waterfront is die tuiste van ’n PADI-vyfster-duiksentrum, wat verskillende onderwater-ervarings bied – vir nuwelinge wat nog nooit voorheen geduik het nie en dit eenmalig wil ervaar, tot kursusse wat jou die vryheid gee om ’n lewenslange stokperdjie gevul met avontuur te beoefen.

Dié onderwater-ervarings is die perfekte geskenk vir enigiemand wat lief is vir die see, en is waarlik ’n avontuur van ’n leeftyd wat die asem sal wegslaan.

Die duikskool het hoogs opgeleide en vaardige instrukteurs wat die opleiding van nuwe duikers sal behartig en duikers in die akwarium se groot onderwater-uitstallings sal begelei.

Nuwe duikers het drie opsies waaruit hulle kan kies by die akwarium: 

PADI Discover Scuba-duikervaring

Dié ervaring is vir diegene wat graag wil duik om te sien of hulle daarvan hou en ideaal vir nuuskieriges. ’n PADI Discover Scuba-duikervaring is ’n kans om in die akwarium se massiewe I&J Oseaan-uitstalling te duik.

Hier kan jy swem saam met sagmoedige pylsterte en nuuskierige visse terwyl opgeleide instrukteurs jou op jou heel eerste skubaduik-ervaring vergesel. Die ervaring is perfek vir seeliefhebbers van tien jaar en ouer, en as die skuba-gogga jou byt, kan jy opgradeer na ’n volledige skubaduik-kursus.

PADI Open Water-duikkursus

Hierdie kursus is vir mense wat wil duik vir ontspanning en is geskik vir diegene wat op ’n meer gereelde grondslag wil duik. Met die PADI Open Water-duikkursus verkry jy skuba-vaardighede wat internasionaal erken word en jou sal toelaat om omtrent enige plek in die wêreld vir ontspanning te duik.

Die kursus vir voornemende duikers van tien jaar en ouer leer jou teorie en vaardighede, en sluit duike binne die akwarium en in die oop see in. Wanneer jy die kursus suksesvol voltooi het, sal jy die kennis, selfvertroue en kwalifikasie hê om duisende duikplekke – van Valsbaai tot die Karibiese See – te verken.

3 PADI Freediver-kursus

Die kursus is ’n inleiding vir diegene wat belangstel in vryduik. Jy skuif jou skubatoerusting eenkant toe en leer hoe om die see sonder ekstra suurstof en net die lug in jou longe te verken – iets wat jou dissipline en selfbeheer leer en jou diep laat delf.

Vryduik se gewildheid is vinnig aan die toeneem, te danke aan die buigsaamheid en toeganklikheid daarvan. Die kursus sal aspirant-vryduikers in staat stel om die basiese konsepte te bemeester om die aktiwiteit ten volle te geniet – binne die akwarium sowel as by pragtige plaaslike duikplekke. Die PADI Freediver-kursus is geskik vir nuwelinge van 15 jaar en ouer.

Wat is PADI?

PADI is die voorste skubaduik-opleidingsorganisasie in die wêreld en hul sertifikasie word internasionaal erken. As ’n gesertifiseerde PADI-vyfster-duiksentrum voldoen die Twee Oseane Akwarium-duikskool aan alle vereistes vir gesondheid, veiligheid en gehalte soos bepaal deur PADI.

Meer inligting

Vir meer inligting, pryse en besprekings om by die akwarium te duik, gaan na aquarium.co.za of skakel 021 418 3823. Klik hier vir meer oor die duikkursusse of hier vir meer oor die akwarium.