Die Franschhoek-wyntrem is een van die gewildste maniere om die vallei se top-uitvoerproduk te proe. En dis lekker. Sit agteroor terwyl jy aangery word van wynplaas tot wynplaas. Die wyntrem het aanvanklik vier roetes gehad, maar vier nuwe roetes is nou bygevoeg (inligting hier onder).
Die naam is effens misleidend — ’n mens ry die grootste deel van die roete in ’n bus, met ’n regte trem wat net tussen van die plase (Rickety Bridge en Grande Provence of Vrede en Lust en Alée Bleue) loop. Maar die bestuurders is stiptelik, vriendelik en professioneel, en die uitsig oor die wingerde net so mooi deur ’n busvenster.
DIT WERK SÓ:
Koop jou kaartjie aanlyn (winetram.co.za) of by die kaartjiekantoor in die hoofstraat (Hugenoteweg 32).
In die stiller wintermaande behoort jy nog net voor die vertrek plek te kry, maar bespreek liefs vooruit in die somer.
Kies een van agt roetes: Die roetes en plase word volledig op die webblad beskryf.
Die busse vertrek tussen 9:30 vm en 10 vm. van die kaartjiekantoor af (kry die skedule op die webblad). Die toere eindig ook by die kaartjiekantoor.
Koste R220 per volwassene; R90 per kind tussen 3 en 17 jaar oud
Nog inligting: 021 300 0338, winetram.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET