book-icon Uitgawe Januarie 2018

Gee ’n boom ’n druk

akkreditasie

Daar staan ’n hele paar van hierdie ou outeniqua-geelhoutbome (Podocarpus falcatus, in die volksmond bekend as ’n kalander) in die Suid-Kaap se woude en hierdie een by Woodville naby Wildernis is seker die maklikste om by uit te kom.

Dis ’n oupagrootjie van ’n boom, sowat 800 jaar oud. Om dit in konteks te stel: Nog voordat Marco Polo, Genghis Khan en William Wallace in die geskiedenisboeke verewig is, was hierdie boom al ’n twygie. Nou is dit ’n knewel, met sy kroon 33 m bo die grond en ’n stam met ’n omtrek van 12 m!

Dis vredig om ’n bietjie by die boom te kom sit en die geritsel van bokkies en voëls in die ruigtes rondom jou in te neem. Ondervoets vorm jare se vermolmde blare ’n sagte tapyt en bo jou kop filtreer die sonlig sag deur die oumansbaard wat die takke versier.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan