Daar is tans vier glykabels met ’n uitsig oor die Indiese Oseaan doer en die inheemse woud en fynbos hier onder jou voete. Die plan is om nog twee kabels teen einde 2020 te installeer.

Die projek het reeds in 2017 ’n aanvang geneem, maar die bouers moes halt roep ná verwoestende brande in Junie daardie jaar. Die werk is in 2018 hervat, maar weens die Covid-19-pandemie kon die perseel eers in September 2020 vir besoekers oopmaak. Ondanks die talle terugslae het die projek 15 werkgeleenthede vir mense uit die omgewing geskep.

Waar? Meld aan by die Harkerville Forest Lodge naby Kranshoek in die Tuinroete- nasionale park.

Oop: Elke dag van 11 vm.- 6 nm. (indien die weer saamspeel)

Koste R800 p.p

Kontak: knysnaziplines.co.za; knysna@saforestadventures.co.za