book-icon Uitgawe Oktober 2018
Deel

Goed om te weet: Oktober

akkreditasie

Bring jou fiets saam vir ’n aktiewe gesinsuitstappie in die Kaap. Die Kaapstadse munisipaliteit wil van die stad ’n voorste fietsrybestemming maak en een van die inisiatiewe is ’n fietsryroete van byna 6 km tussen Big Bay naby Bloubergstrand en Melkbosstrand.

Dié roete volg ’n fietsbaan langs die M14-kuspad wat met ’n randsteen van die padverkeer geskei word. Die baan is 3 m breed sodat fietse in albei rigtings kan ry. Die baan is ’n verlenging van die bestaande fietsroete – dié met langer asems kan die hele 40 km-roete ry.

Hou by Big Bay stil en ry tot in Melkbosstrand (dis 5,85 km tot daar) vir ’n laatontbyt of koffie voordat julle weer terugry. Of pak eetgoed in ’n rugsak en hou by die Blaauwberg-natuurreservaat stil vir ’n piekniek (toegangstarief: R16 per volwassene; R9 vir kinders tussen 3 en 17 jaar oud). Daar is ’n paar lekker grondpaaie in die Koeberg-natuurreservaat noord van Melkbos wat jy ook op twee wiele kan verken ( 021 550 4021; gratis toegang, wys net jou ID of paspoort by die hek).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan