Deel

Ken jy kokerbome?

akkreditasie
Jac Kritzinger
Ons vertel jou meer van al drie kokerboomsubspesies.

Die kokerboom se unieke silhoeët maak hom baie fotogenies, maar het jy geweet dié model kan meer as twee eeue oud word? En dat Suid-Afrika met die grootste natuurlike kokerboomwoud in die wêreld spog?


3

Daar is drie kokerboomsubspesies: die gewone kokerboom (Aloidendron dicotomum), die algemene spesie met ’n dik stam en digte, geronde kroon; die nooienskokerboom (Aloidendron ramosissimum), wat kleiner en dikwels veelstammig is; en die basterkokerboom (Aloidendron pillansii), met ’n hoër stam, minder, meer regop takke en ’n yl kroon.


200

Dit is hoeveel basterkokerbome daar in 1998 oor was toe die spesie tot kritiek bedreig verklaar is. Die getalle word geraam op tussen 1 200 en 1 500 – steeds baie min.


1685

Die vroegste botaniese aantekeninge oor kokerbome in Suid-Afrika is in dié jaar gemaak tydens goewerneur Simon van der Stel se reis deur die Namakwaland op soek na koper.


300 hektaar

Die grootte van die grootste natuurlike (gewone) kokerboomwoud ter wêreld – by Gannabosplaas, sowat 30 km buite Nieuwoudtville in die Noord-Kaap.


250 jaar

Dis die gemiddelde ouderdom van ’n kokerboom


200 000 km2

Die grootte van die natuurlike habitat van kokerbome – halfwoestyngebiede van die Vetplant-Karoo, die Nama-Karoo en die Namibwoestyn. Kokerbome oorleef in hierdie omstandighede deur water in hulle stamme, takke en blare te stoor.

Bronne: Kokerboom Kwekery, Vanrhynsdorp; Veldgids tot bome van Suider-Afrika deur Braam van Wyk en Piet van Wyk.


Hierdie artikel het oorspronklik in Maart 2017 verskyn. Feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus by digitaal@weg.co.za as jy iets raaksien.