Hier is 2021 se beste onderwaterfoto’s!

akkreditasie
Die 2021-wenner. ©Renee Capozzola/UPY2021
Die 2021-wenner. ©Renee Capozzola/UPY2021
Dis te danke aan fotograwe soos Renee Capozzola dat ons ’n blik kan kry op die wonderwêreld van water. Elke jaar kry fotograwe van reg oor die wêreld die geleentheid om hulle foto’s van interessante en meestal versteekte tonele in te stuur vir die kompetisie Onderwaterfotograaf van die Jaar.

Capozzola, ’n Amerikaner, is die algehele wenner van vanjaar se kompetisie. Sy is die eerste vrou wat die titel wen met haar foto van swartvinhaaie naby ’n eilandjie genaamd Moorea in Frans-Polinesië. “Frans-Polinesië is ernstig oor die bewaring van haaie en my gunstelingplek om haaie af te neem... dit het ’n paar sonsondergange geneem voordat ek hierdie foto in die kalm waters kon neem.”

Meer as 4 500 foto’s inskrywings uit 68 lande is vir 2021 se kompetisie, wat in Brittanje sy oorsprong het, ontvang. Hierdie jaar se inskrywings het nie teleurgestel nie met foto’s van skeepswrakke, paddas wat in poele water baljaar, haaie, robbe en duikers wat die diep waters verken. Daar is ook foto’s wat die impak van besoedeling en oorbevolking van mense op die natuurlewe uitbeeld.

Mark Kirkland van Glasgow, Skotland, is as die Britse wenner van die kompetisie aangewys. Mark se foto While you were sleeping is vroeg in Maart verlede jaar naby sy huis geneem. “Hierdie klein modderpoel is ’n onwaarskynlike wegkruipplek vir wildlewe. Dis tussen huise, ’n winkel en ’n fabriek, maar vir ’n paar aande in die jaar, terwyl die stad slaap, baljaar paddas daarin.” Dit het hom 25 uur en 4 wintersaande geneem om die foto te neem terwyl hy stil in die water gelê en wag het vir die regte oomblik.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA
©Mark Kirkland/UPY2021

Karim Iliya, ook van Amerika, se foto Crowded Island het die kategorie Oseaanbewaring gewen. Dié kategorie is die enigste wat voorsiening maak vir foto’s bo die watervlak en dié spesifieke lugfoto is geneem van ’n klein eiland in Panama en wys die impak van oorbevolking op die oseaan.

© photographers-name/UPY2021
@Karim Iliya/UPY 2021

Ons kan ongelukkig nie al die foto’s plaas nie, maar hier is nog ’n paar uitsonderlike inskrywings.

Danny Lee van Australië het derde gekom met hierdie foto van ’n albatros in die afdeling opkomende fotograwe.

@Danny Lee/UPY 2021
@Danny Lee/UPY 2021

Dié foto van ’n grysrob deur Kirsty Andrews is derde in die kategorie wye lense. Die foto is in die Farne Islands, Northumberland, geneem.

UPY 2021
@Kirsty Andrews/UPY 2021

In die afdeling vir swart-wit-foto’s het hierdie foto van Renato Romeo tweede plek behaal.

@Danny Lee/UPY 2021
@Renata Romeo/UPY 2021

Ryohei Ito van Japan is eerste in die kategorie portrette.

@Danny Lee/UPY 2021
@Ryohei Ito/UPY 2021

Tobias Friedrich van Duitsland.

Tobias Friedrich/UPY 2021
@Tobias Friedrich/UPY 2021
OLYMPUS DIGITAL CAMERA
@Galice Hoarau/UPY 2021

Bron: www.underwaterphotographeroftheyear.com