
Met sommige dinge kan jy nie afskeep op gehalte nie. Die Bushnell Nitro-verkyker is nommerpas vir alle toestande.
Wanneer jy deur die wildtuin ry, is ’n goeie verkyker ononderhandelbaar. Die voëlkyker in die familie wil graag ’n bosveldvisvanger op haar lysie afmerk en wat roer daar in die bosse? Is dit ’n leeu of ’n sandhoop?
Bewaar die vrede in die voertuig deur die Bushnell Nitro-verkyker byderhand te hou. Jy kan dit ook sommer gebruik om vanaf jou stoeptent te kyk of die kinders hulle langs die swembad gedra.
Bushnell is kenners op die gebied van optiese toerusting en haal die raaiwerk uit jou keuse wanneer jy ’n nuwe verkyker soek. Hier is ’n paar van sy beste eienskappe:
• Die Bushnell Nitro se skerp beeld het geen gelyke onder sy mededingers nie en hy vaar ook die beste in swakligtoestande danksy die optiese stelsel wat gebruik word. Die verkyker gebruik ED-primaglas, EXO-barrierlensbedekking en BAK-4-faseprismas. Dit verseker uitsonderlike kontras en uitmuntende resolusies in swak lig.
• Dis lig, kompak en boonop waterdig, wat beteken dis taai genoeg vir die Bosveld.
As jy ’n Bushnell Nitro inpak op vakansie, gaan jy nie sommer een van die Groot Vyf miskyk nie!