book-icon Uitgawe Desember-Januarie 2020
Deel

Hou Desember pajamapaartie!

akkreditasie
Hou Desember pajamapaartie
Hou Desember pajamapaartie

Gedeeltelike sonsverduistering: Op die namiddag van 14 Desember, net voor sonsondergang, kan die mense in die westelike helfte van Suid-Afrika op die uitkyk wees vir ’n klein “happie” uit die son soos wat die maan voor hom verbybeweeg. Die sonsondergang behoort ’n skitterende foto te lewer (sien tabel onder vir tye).

In plekke soos Kaapstad sal die son nog relatief hoog sit wanneer die verduistering begin, en jy sal aanvanklik ’n spesiale sonsverduisteringbril benodig. Namate die son sak, kan jy die skouspel met die blote oog waarneem.

Die Ster van Bethlehem: Gereelde sterrekykers sou agtergekom het dat Jupiter en Saturnus die laaste paar maande al hoe nader aan mekaar beweeg. Op 21 Desember bereik hulle konjunksie, wat beteken dat dit van die aarde af met die blote oog lyk asof hulle presies “oplyn”. (In werklikheid beweeg hulle eintlik met ’n tiende van ’n graad by mekaar verby.) Die twee planete sal saam as ’n baie helder “ster” vertoon, wat ’n mens – veral so na aan die Kerstyd – aan die Ster van Bethlehem herinner.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan