Ek wil my medelesers aanraai om by ’n weegbrug uit te kom, veral om seker te maak jy oorlaai nié jou voertuig nie.
Ek het onlangs ’n draai by ’n weegbrug gemaak en was nogal ontnugter oor hoe beperk ’n mens kan wees met die gewig wat jy kan inlaai.
Ek het ’n 2013 Toyota Fortuner 4.0 V6, en volgens die lisensieskyf is die tarragewig 1 850 kg en die brutovoertuigmassa (BVM) 2 510 kg. Volgens dié syfers (as jy dié twee syfers van mekaar aftrek) kan ek dus nog 660 kg laai.