book-icon Uitgawe Oktober 2019
Deel

Huur voor jy koop

akkreditasie

Ons hoef jou nie van die deugde van kamp te oortuig nie en ons is seker jou eerste kampervaring was – soos baie van ons s’n – in ’n klein tentjie wat jy maklik in jou kar kon laai. Maar ’n mens se behoeftes verander en jy het waarskynlik opgegradeer na ’n daktent of ’n klein boswa en namate jou gesin groter geword het, het jou sleepsel waarskynlik ook.

Die kans is goed daar staan op die oomblik ’n lekker groot woonwa, boswa of boswoonwa onder die afdak by jou huis. En ons hoef jou sekerlik nie te vertel nie dat jy vir dieselfde geld vir jou ’n heel skaflike ryding kon aanskaf.

Dan is daar ryhuise, waarmee jy al die luukses van die huis of ’n chalet saam met jou na jou bestemming kan karwei. Die groot pluspunt hier is dat jy al daardie dinge wat die lewe vir jou so gemaklik maak, kan oppak en weer saamry tot by die volgende plek. Maar as jy gedink het waens is duur, sal jy verbaas wees om te sien wat jy vir ’n ordentlike ryhuis opdok.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan