Anysberg, Sederberg, Grootvadersbosch, Rocherpan...? Of wat van ’n plekkie in Die Hel by Gamkaskloof ?

CapeNature het ’n paar werklik epiese reservate met puik verblyf in hul portefeulje. En hulle het ’n sagte plekkie vir afgetredenes!

Suid-Afrikaners wat 60 jaar of ouer is en ’n geldige ID-dokument het, kwalifiseer vir 30% afslag op alle selfsorgeenhede en kampplekke. Die afslag is slegs van toepassing as jy jou bespreking oor die foon maak by 087 087 8250.

Die afslag geld al die dae van die week en vir die hele jaar – slegs skoolvakansies is uitgesluit.

Bepalings en voorwaardes geld.

Bespreek by 087 087 8250

Vir inligting, besoek www.capenature.co.za

Cape Nature
Cape Nature