Hy het nog nie ’n naam nie, maar gaan glo kleiner as die Renegade wees – omtrent dieselfde grootte as Suzuki se Jimny.
“Die motor kan gebruik word as ’n hardekoejawel-Jeep, maar hy’s ook ontwerp vir alledaagse gebruik,” sê Marco Pigozzi, die maatskappy se Europese hoof van bemarking.
Pigozzi het voorts gesê die samesmelting van Fiat-Chrysler met Peugeot-Citroën beteken daar sal groter klem gelê word op omgewingsbewustheid.