Deel

Kan jou foon die ‘punch’ vat?

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
GEBORG: As jou leefstyl vra vir ’n sterker ryding en fieterjasielose klere en skoene, kort jy ook ’n foon wat sy man in ’n taai omgewing kan staan.

Verlede jaar het 98 miljoen selfoonskerms wêreldwyd aan skerwe gespat. Dis drie per sekonde! Teen die tyd dat jy hierdie artikel gelees het, het nog 900 mense swetsend met ’n stukkende foon in die hand gestaan.

Wêreldwyd is die selfoonhersteldiens ’n bedryf wat meer $3,4 miljard werd is – meer as die Bruto Binnelandse Produk van die Seychelles. As jy een van die ongelukkiges is, is dit dalk tyd dat jy jouself afvra: “Dalk kort ek ’n taaier foon?” 

CAT-fone is die markleier wat taai selfoontegnologie betref en het drie selfone in sy reeks: die Cat S31, Cat S41 en Cat S61, wat iets vir elkeen bied.

As jy in moeilike omstandighede werk, soos ingenieurs, loodgieters, boere of die nooddienste, of bloot net oor naweke graag tyd in die buitelug deurbring, is hierdie fone vir JOU ontwerp! 

CAT-fone is die markleier wat taai selfoontegnologie betref

Alle Cat-fone het ’n MIL-Spec 810G-gradering. Hulle kan ’n val, water, stof en sand oorleef. Hulle het kragtige batterye wat jou heeldag aan die gang kan hou en wat IP68 gegradeer is. Om die waarheid te sê, die Cat S61 en Cat S41 is ook IP69K-gesertifiseer. Dit beteken hulle kan nie net in die water gedruk word nie, jy kan hulle ook onder lopende water hou om skoon te maak. Danksy die sterk glasskerms met Corning® en Gorilla®-tegnologie, en die raakskerm wat ook met handskoene en nat vingers hanteer kan word, skrik hierdie fone vir geen omstandighede nie.

Met elke nuwe foonvrystelling word nuwe funksies bygevoeg – ware innovasie wat jy sal waardeer – soos termiese foto’s en lasermeting, ’n kragtige battery en beter werkverrigting. En uiteraard word elke foon gebou om te hou – dis standaard!Cat® se slimfone is duursaam en taai, ongeag die omgewing waarin jy dit gebruik. Die S31, S41 en S61 is ’n trio van “goed, beter, beste” en bied iets vir enige begroting en behoefte.

Die vlagskipmodel, die Cat S61, bied nou beter resolusie op termiese foto’s en kan temperature van tot 400°C lees. Die beeld bevat genoeg detail om jou te help om klam kolle, lekplekke of blokkasies te lees.

Dit het ook ’n luggehaltemonitor wat jou waarsku as lugbesoedelingsvlakke styg en kan humiditeit toets. Dit is ook die eerste selfoon ter wêreld met ’n geïntegreerde laser-gesteunde afstandsmeter. 

Die S61 kan ’n val van tot 1,8 m op ’n harde oppervlak oorleef, is waterdig tot op 3 meter vir tot 60 minute (ook in soutwater), en kan sy man teen stof staan. Met ’n wêreldleidende IP68-, IP69- en Mil-Spec 810G-gradering op sy CV, is hierdie die gevorderste, bekwaamste en lojaalste vennoot wat jy nog ooit gehad het.

Vir nog voorbeelde van waarvoor CAT-fone gebruik word, besoek catphones.co.za en volg hulle op hul sosiale media-platforms:

Facebook

Instagram

As jy moeg is vir pieperige selfone en hitte-afdrukke moet kan sien, kontak jou selfoonverskaffer en vra om ’n Cat-foon op kontrak te kry.

#CatPhones #CatRuggedPhones #BeUnstoppable #CatS61 #CatS41 #CatS31