Deel

Kies ’n vattie-nonsies-nie-foon... kry ’n CAT S61

akkreditasie
Die CAT S61
Die CAT S61
GEBORG: As jy moeg is vir fone wat alewig breek of waarvan die battery kort-kort pap is, is dit tyd dat jy oorskakel na die CAT S61. Dis net so taai soos jy. En as jy beplan om dié vakansie die rekenaar af te skakel en buite te kom, is dit net die foon vir jou!

As jy een van die ouens is wat hul hare in boksterte vasmaak en oor naweke in spa’s rondlê, is dit goed en wel as jou selfoon vir die geringste uitdaging skrik. Maar as jy graag met die modder stoei in jou 4x4 en oor naweke die tentpenne inkap, gaan jy ietsie sterkers nodig hê. CAT het gesien daar is ’n behoefte in die buitelewemark aan ’n foon wat die punch kan vat, en die S61 is gemaak om die taai toestande in Suider-Afrika te weerstaan.

Boonop het hy eienskappe wat nie net mooi klink in advertensies nie, maar wat jy kan gebruik. 

Hier is ’n paar redes om die foon te oorweeg:

Die CAT S61
Die CAT S61
Die CAT S61
Die CAT S61

• Dit het ’n groot, kragtige battery wat langer as ’n dag werk. Jy sal nie sommer in die middel van die dag met ’n pap battery gestrand wees nie.

• Dis heeltemal waterdig tot op 3 meter vir 60 minute. Die foon se kamera werk onderwater.

• Dis stofbestand en kan ’n val van tot ’n hoogte van 1,8 meter oorleef. Dit kan ook uiterste temperature deurstaan (vanaf -25 grade C tot 55 grade C).

• Dit het ’n duidelik leesbare Corning Gorilla Glass 5-skerm wat krapbestand is en nie sommer sal breek nie.

• Dit het ’n laser-afstandsmeter en ’n termiese kamera.

Dalk is dit tyd dat jy ’n foon kry wat net so taai soos jy is.     


Kry jou CAT S61-foon hier!

Vir nog voorbeelde van waarvoor CAT-fone gebruik word, besoek catphones.co.za en volg hulle op hul sosiale media-platforms:

Facebook

Instagram

As jy moeg is vir pieperige selfone en hitte-afdrukke moet kan sien, kontak jou selfoonverskaffer en vra om ’n Cat-foon op kontrak te kry.

#CatPhones #CatRuggedPhones #BeUnstoppable #CatS61 #CatS41 #CatS31