Dié gewilde botaniese tuin in Kaapstad bied nou gratis toegang gedurende die week aan skoolkinders, van 22 Oktober tot 15 Desember. Vra bloot vir jou gratis kaartjie met jou aankoms! 

Die aanbod geld vir leerders tot matriek, van Maandag tot Vrydag. Die naweektarief vir leerders bly R20.

Daar is vyf staproetes in Kirstenbosch – of wandel hoog tussen die bome deur op die Boomslang, ’n verhewe plankiespad.  

Gratis begeleide toere van Kirstenbosch vind Maandae tot Saterdae plaas vanaf 10 vm. Lees meer hier.

Kry nog inligting oor Kirstenbosch se aktiwiteite en geriewe hier.

Kirstenbosch
Kirstenbosch
Kirstenbosch
Kirstenbosch

Ander tariewe:

Volwassenes: R75

Studente: R40 (met jou studentekaart)

Kinders jonger as 6: Gratis

Pensioentrekkers: Gratis op Dinsdae (behalwe vakansiedae)