Slangteengif, soos ons dit vandag ken, is die eerste keer in die vroeë 1900’s ontwikkel en word deur verskillende maatskappye wêreldwyd vervaardig.
In Suid-Afrika word teengif deur die Suid-Afrikaanse Entstofvervaardigers (SAVP), wat onder die Nasionale Gesondheidslaboratoriums val, gemaak.
Dis ’n tydrowende en duur proses om teengif te vervaardig. Diere soos perde, skape en kamele word vir dié doel gebruik.