Deel

Kom ry in die unieke ‘Graskop Gorge Lift’

akkreditasie
Graskop Gorge
Graskop Gorge
GEBORG: As jy nou die Groot Vyf van Suid-Afrika se toeristebesienswaardighede moet opnoem, sal die unieke hyser by Graskop Gorge beslis die top-5 haal.

Dié hyser laat jou in ’n rit van sowat ’n minuut tot in die maag van ’n unieke Afro-tropiese woud sak. 

Suid-Afrika het baie aantreklikhede waarop die land trots kan wees, en hierdie hyserrit is een daarvan. Die hyser, wat in Desember 2017 deur die Graskop Gorge Lift Company geopen is, is uniek in die Suidelike Halfrond. 

goukamma
Ry in die unieke hyser tot onder in die woud.
goukamma
Dit is beslis een van SA se móét-sien-besienswaardighede
goukamma
Die winkel verkoop eg Suid-Afrikaanse aandenkings

Die hysbak kan tot 26 passasiers per keer vervoer, maar tans is dit nog stillerig en is jy ’n goeie uitsig – voor teen die ruit – gewaarborg.

graskop
Dit strek oor sowat 700 meter
graskop
Die houtpaadjie is geskik vir jonk en oud
graskop
Kom kyk die goggas

Die hyser laat sak jou in sowat ’n minuut tot onder in die woud, waar ’n interessante interaktiewe ervaring op jou wag. ’n Houtpaadjie neem jou oor ’n avontuur van sowat 700 meter. Dit sluit trappe in, maar daar is oorgenoeg rusbanke langs die pad dat bejaardes en kleuters dit ook sal kan baasraak. 

graskop
Die inligtingsborde bevat interessante brokkies
graskop
Dié sampioen staan amper menshoogte en is al twee jaar oud
graskop
Die watergat
graskop
Só groot is die arend se vlerkspan...

Stap wip-wip oor die toubrûe, en lees langs die pad die interessante brokkies oor spinnekoppe, kruipende insekte, die plantegroei en sampioene. Hier kan jy ook kyk hoe groot ’n arend se vlerkspan is en jou sig teen syne meet. Jy sal jou verkyk aan die pragtige Panorama-waterval, wat meer as 70 meter ver oor die kranse stort.

Links is die hyser en regs die waterval

Die lekker van jou toegangskaartjie is dat dit ’n dagpas is – jy kan dus terugry met die hyser, ietsie eet in die restaurant met die mooi uitsig, en later jou verkenningstog rustig voortsit.

Die Big Swing en kabelgly

Kort jy nóg 'n tikkie adrenalien? By die Big Swing val jy vanaf 'n hoogte van 70 m (en bereik 'n spoed van 140 km per uur in drie sekondes...) voor jy heen en weer begin swaai. Die 130 m-lange kabelgly (ook 70 m bo die grond met pragtige uitsigte) is 'n lekker opsie as die swaai te waaghalsig klink.

Die sweefbrug

Dié nuwe brug is 52 m lank en verbind die noordelike en suidelike kante van die kloof.

’n Ete met ’n uitsig

The Lift Café is die ideale plek om ’n breek te neem tydens of ná jou uitstappie. Die restaurant is gelisensieer en bedien boetiekbier van die omgewing, en sit ligte etes voor.

Pizza, gourmet-hamburgers en ’n verskeidenheid ontbyte is onder meer op die spyskaart. Draf daarna in by die souwenierwinkel op die perseel. Hier kan jy onder meer Suid-Afrikaanse vellies, T-hemde en sonhoede aanskaf.  

Kyk die restaurant se uitsig! 

Ek wil ook gaan!

Waar is dit: Jy kry die afdraai op die R533 net buite Graskop.

Vir nog inligting en tariewe, besoek graskopgorgeliftcompany.co.za