Meld jou aan by die Bonniedale-vakansieplaas se opstal waar die eienaars, Nico en Danette Hesterman, vir jou ’n roetekaart gee en verduidelik wat op jou wag.
Ry nou 1,7 km terug met die pad waarop jy tot hier gery het, en draai links by die rigtingwyser vir Goliatsberg. Jy is nou by die begin van die Bonniedale-4x4-roete.