’n Lieflike landelike leefwêreld

Groot Parys is ’n ikoniese en welbekende landmerk in die Kaapse wynlande.

Die plaas se verhaal het reeds in 1688 begin toe die Franse Hugenoot, Jean le Roux, in die Kaap aangekom en hom in 1692 op Groot Parys gevestig het.

Vandag duur sy Hugenote-nalatenskap voort op ’n 14-hektaargedeelte van hierdie plaas waar ’n beveiligde leefstyl-landgoed vir 50-plussers ontwikkel word.

By die Groot Parys Leefstyl-landgoed spog wonings met moderne plaashuisargitektuur, waar ontwerp-elemente van die Kaapse Karoo met energie- en omgewingsvriendelike praktyke verweef word.

Elke huis se stoep en leefvertrek nooi jou uit om agteroor te sit, jou voete op te skop en rustig te raak. Hier wil ’n mens kook en kuier.

Die Wingerd Villas is ontwerp vir die koper wat op soek is na ruimte, elegansie en ’n gerieflike landelike leefwyse. Daar is vyf voltitelplanne beskikbaar met huisgroottes wat wissel van 143 m2 tot 260 m2. Hierdie twee- tot vierslaapkamerwonings se pryse begin by R3 635 000.

Die Terra Rossa-terraswonings is ideaal vir kopers wat op soek is na ’n toesluit-en-ry-eiendom; wat ’n aktiewe leefstyl soos ’n handskoen pas. Hierdie tweeslaapkamer-wooneenhede is ongeveer 131 m2 groot en pryse begin by R3 310 000.

Oos, wes, Paarl bes

Alle inwoners het toegang tot tuisversorging- en kliniekdienste. Verder bied een van Suid-Afrika se voorste gesondheidsorgverskaffers verskeie sorg-opsies wat pasgemaak kan word vir die unieke behoeftes van elke inwoner.

Die Groot Parys Leefstyl-landgoed vorm deel van ’n landelike renaissance-gebied wat nie net beter geleë is nie, maar ook beter waarde vir geld bied as die meeste soortgelyke topklasbestemmings.

Nóú is die ideale tyd om in die Paarl af te tree en die Groot Parys Leefstyl-landgoed jou Bolandse tuiste te maak.

Gaan maak gerus ’n draai by die landgoed, besoek die webtuiste by grootparysestate.co.za, of kontak Marius en Werner Pieters, die pa-seun-bemarkingspan, by sales@grootparysestate.co.za of 082 566 0853.

Sien meer hier:

grootparysestate.co.za

 youtube.com/gootparysestate

 instagram.com/grootparysestate

twitter.com/Groot_Parys

linkedin.com/showcase/groot-parys-lifestyle-estate

facebook.com/GrootParysLifestyleEstate