Deel

Koningpikkewyn in Kaapstad na stiller strand geskuif

akkreditasie
Foto: Jon Kerrin; www.jonkerrin.com
Foto: Jon Kerrin; www.jonkerrin.com
Hier’s iets wat jy nie aldag sien nie – ’n koningpikkewyn in Kaapstad!

Hierdie reuse-pikkewyne se tuiste is in Antarktika. Dié pikkewyn het onlangs rondgewaggel op Buffelsbaai in Kaappunt (deel van die Tafelberg- nasionale park), en dit het behoorlik op sosialemediablaaie gegons soos besoekers foto’s en video’s van die pikkewyn neem. 

Foto: Jon Kerrin; www.jonkerrin.com
Foto: Jon Kerrin/www.konkerrin.com
Foto: Jon Kerrin; www.jonkerrin.com

VIDEO: Jon Kerrin

Foto: Sanparke
Foto: Sanparke

Die pikkewyn is egter nou na ’n stiller kol geskuif.

Sanparke het in ’n verklaring gesê: “Sanparke, in samewerking met Sanccob, het die pikkewyn oor die afgelope paar dae gemonitor. Ons het besluit om die voël na ’n meer afgeleë strand te skuif vir die pikkewyn se veiligheid.

Hoewel dit gesond en in ’n goeie toestand is, en vriendelik teenoor toeriste optree, beweeg die pikkewyn te veel in die parkeerterrein en die piekniekplekke in Buffelsbaai. Die pikkewyn kan moontlik te warm kry of deur ’n kar omgery word.” 

www.jonkerrin.com
Foto: Jon Kerrin; www.jonkerrin.com

Sanccob het in 'n vorige verklaring gesê: “Die koningpikkewyn is die naasgrootste pikkewynspesie, dus is hierdie voël ver van sy tuiste af! Ons vra die publiek om ’n veilige afstand van die pikkewyn te bly. Ons hoop die pikkewyn gaan binnekort terug na die see om weer terug huis toe te reis!”


Het jy kiekies of video’s van die pikkewyn? Deel dit met ons by digitaal@weg.co.za