book-icon Uitgawe Februarie 2020
Deel

Kortliks: Februarie 2020

akkreditasie

Moeg om sandkastele te bou op een van die strande in die KwaZulu-Natalse Suidkus? Mik vir die nuwe KwaNzimakwe-park ’n entjie binneland-in. Hier kan jy en jou gesin gaan stap, fietsry en selfs die bos invaar op verskeie 4x4-roetes. Die park strek oor verskeie landskappe – van die kus tot woude en riviere. Die Tuinroete en Overberg is dalk meer glansryk as die Suidkus, maar dié streek met sy ongerepte natuurskoon kom tans vinnig in die kraal. Die doel van die park is juis om die streek in die kollig te plaas, het Phelisa Mangcu, uitvoerende hoof van Ugu-Suidkus-Toerisme gesê toe die park in November amptelik geopen is. “Ons wil meer blootstelling gee aan die omgewing en meer besoekers lok.”

As jy ’n kultuurdier is, loer in by die WOWZulu-sentrum (wowzulu.co.za) op die dorpie KwaNzimakwe waar jy onder meer kan leer hoe om patrone op verskeie materiaalsoorte te druk (skermdrukwerk), of stap teen die Shembeberg op vir ’n mooi uitsig oor die Mpenjatimonding. Die toer kos R280 p.p. (met middagete) en R200 p.p. (sonder middagete). Bespreek by 078 002 4786 (Nelly). Vind die sentrum by S30° 57 25.001 E30° 17 40.33

Waar? Die park en KwaNzimakwe lê rofweg tussen Southbroom en Port Edward. Draai van die R61 af op Louis Botha-laan en dan op die Izongolwenipad. Die park is 6 km wes langs dié pad.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan