Deel

Kry dié winter 40% afslag by CapeNature

akkreditasie
GEBORG: As jy lief is vir die natuur, moet jy CapeNature se jaarlikse winter-afslagtariewe benut en bekostigbare verblyf vir jou en jou gesin bespreek.

Het jy al in die winter voor ’n kaggel in een van die Algeria-huisies in die Sederberge gesit? Of wat van die eko-huisies in Kogelberg?  

Moenie nog ’n winter in jou huis sit nie. Danksy die verslapping van Covid19-regulasies kan jy weer jou vlerke sprei. Beplan nou daardie broodnodige wegbreekvakansie. CapeNature gee almal in die winter die kans om ’n blaaskans te neem.

Met die jaarlikse winter-afslag kry besoekers tussen 1 Mei en 31 Augustus 2021 ’n lekker 40% afslag by uitgesoekte reservate. Die afslag is op selfsorgverblyf sowel as kampstaanplekke van toepassing.

“Namate ons reisbedryf begin herstel, is dit lekker om ons gewaardeerde kliënte terug te verwelkom. Selfs in ’n moeilike jaar van ekonomiese probleme en ernstige nood wat deur die pandemie veroorsaak is, het Suid-Afrikaners steeds die toerismebedryf ondersteun. Die volgehoue positiewe terugvoer van kliënte, die private sektor, sosiale media en belanghebbendes toon dat mense nie kan wag om weer te begin reis nie,” sê Sheraaz Ismail, uitvoerende direkteur van CapeNature Eko-Toerisme en Toegang.

Vakansies teen sakpaspryse

CapeNature het in 2019 sy verblyfpryse bevries. Jy kan dus steeds kamp en in selfsorghuise bly teen dieselfde tariewe as 2018! Ismail sê: “Verbruikerterugvoer het vir ons gewys mense verkies nou meer gereelde, maar korter en meer beskostigbare wegbreke. Weens die styging in lewenskoste, veral die toename in brandstofpryse, het ons besef ons moet ons produkte en dienste bekostigbaar hou sodat soveel huishoudings landwyd dit kan benut.”

Die Karoo roep!

Nadat die gesogte Anysberg byna twee jaar lank toe was weens droogte, is hierdie versteekte juweel in die Karoo weer oop vir besoekers. Aangesien die Groot Karoo steeds ernstige droogte ervaar, word besoekers gevra om water spaarsaam te gebruik en hul eie drinkwater saam te bring. Anysberg is egter ’n topbestemming vir sterrekykers en sterrefotografie.

So maklik soos 1…2…3!

Jy kan al jou CapeNature-verblyf op een plek bespreek. Volg hierdie drie maklike stappe:

Stap 1: Gaan na capenature.co.za en klik op ‘Book Now’.

Stap 2: Kies die streek waarheen jy wil reis om te sien watter reservate is beskikbaar.

Stap 3: Kies die reservaat van jou keuse op die spyskaart en kyk of daar verblyf beskikbaar is op jou voorkeurdatums. Betaal aanlyn.

*Bepalings en voorwaardes geld. Die Walvisroete, Grootvadersbosch-glamping-eenhede en oornaghutte, sowel as produkte van derde partye (konsessiehouers) en/of aktiwiteite is nie hierby ingesluit nie.

Klik hier vir nog inligting.