Mighty Mobile is ’n gerieflike manier om geld te stoor, stuur en ontvang. Dit werk soos ’n gewone bankrekening en kan gebruik word om enige betaling te maak waar die ontvanger Mighty Mobile Credz aanvaar. En nou kan jy ook geld daarmee verdien – én ’n jaar se brandstof wen – as jy Mighty Mobile gebruik om vir brandstof te betaal. 

Hoe om te begin verdien en in te skryf: 

1. Laai af. Vind die Mighty Mobile-app in jou foon se app-winkel. 

2. Registreer. Kies “sign up” (onder die “sign in”-knoppie). Vul jou selnommer in (geen +27 en geen spasies) en kies ’n 5-syfer-PIN (geen nulle).

3. Promosiekode. Vul hierdie kode in by “Activate promo code”: MEDIA5 

4. Laai jou voertuig. Kies “my vehicles” en voeg jou voertuie by. 

5. Laai geld. As jy ingeteken is, gaan na “my wallet > load CRDz by bank deposit” en volg die instruksies.

6. Verwysing. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing wanneer jy geld in jou Mighty Mobile-beursie (“wallet”) sit. 

7. Nooi vriende. Stuur jou uitnodigingskode na vriende en familie. Jou kode is by die “invite friends”-afdeling. 

8. Verdien! R0,30 per liter wanneer jy brandstof koop by deelnemende motorhawens en R0,05 per liter wanneer jou vriende brandstof ingooi. 

Kry die betrokke motorhawens onder die “store locator” in die app of gaan na mightymobile.co.za